Vervreemding

Die term vervreemding of aliënasie (alienation) word in 'n verskeidenheid kontekste aangewend. Hierdie artikel fokus op die vervreemdingsteorie binne die Sosiologie.

Die term vervreemding verwys na "the distancing of people from experiencing a crystallized totality both in the social world and in the self".[1] Vervreemding verwys na 'n gebrek aan identifikasie met iets: die gemeenskap, die kultuur, die nasionale identiteit, en die self. Hermann [2] skryf dat vervreemding voorkom:

Waar 'n breuk aanwesig is tussen die individu, sy werkaktiwiteite en die sosiale gemeenskap waarbinne hy werk. 'n Teenstrydigheid ontstaan tussen die werklike en verwagte stand van sake. Die individu word deur eksterne magte gemanipuleer, voel onseker oor sy toekoms, ervaar die waardes van die onderneming as vreemd en voel geïsoleer van sy werksgemeenskap en van homself. Hierdie breuk tussen die individu, sy werkaktiwiteite en die sosiale eenheid waarbinne hy werk het magteloosheid, betekenisloosheid, normloosheid, isolasie en selfaliënasie tot gevolg.

Die twee belangrikste teoretici wat vervreemding omskryf en bestudeer het, is Karl Marx en Melvin Seeman. Langman en Kalekin-Fishman [3] let op Marx se belangrike bydrae tot die vervreemdingsteorie: "[Alienation] was central to Roman law, medieval psychiatry, and, above all, English political economy and Hegelian philosophy. But it was Marx’s critique of alienation as a consequence of wage labour that turned alienation into a topic of lively debate." Ná Marx was dit veral Seeman wat van die konsep 'n stuk analitiese gereedskap binne die Sosiologie gemaak het.

  1. (Kalekin-Fishman, Devorah. 1998. "Introduction." In: Designs for Alienation: Exploring Diverse Realities, deur Devorah Kalekin-Fishman (red.). Finland: University of Jyväskylä. Bl. 6)
  2. (Hermann, Dirk J. 2006. Regstellende aksie, aliënasie en die nie-aangewese groep. NWU, Potchefstroom: Ongepubliseerde PhD-proefskrif. Bl. 33)
  3. (Langman, Lauren en Devorah Kalekin-Fishman. 2006. "Introduction." In: The Evolution of Alienation: Trauma, promise, and the millennium, deur Lauren Langman en Devorah Kalekin-Fishman (reds.). Oxford: Rowman & Littlefield Publishers. Bl. 1)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search